“Belief is a wise wager. Granted that faith cannot be proved, what harm will come to you if you gamble on it’s truth and prove it false? Wager then, without hesitation, that He exists.” Blaise Pascal
Eergisteraand kon ek nie slaap nie. Dit was net daai kriewelrige gevoel, jy weet, daai een van hiernatoe en daarnatoe draai en later skape tel, en finally byna tjank van frustrasie want die brein wil dan nou nie die liggaam se tjaila tyd sirene verstaan nie, en boonop gil die genadelose rukwind hier buite allerhande obscenities en teken goed teen die mure wat nie so is nie vir ‘n mens en later gee jy maar op en lê net magteloos die donker en in staar. Om presies 04h30 gooi ek boedel oor, soos die oumense sê. Ek gaan maak koffie. Ek sluit die deur agter ons werkende jong man om 05h30, maar nie voordat ek sien hoedat die wind sy slender frame vooroor laat buig nie. Jirre, dié wind. Ek hou nie van die wind nie!
My foon vibrate so ‘n uur later en ek sien dis n video van my Suurbraak niggie. Dit brand!! In !Xairu. Dit lyk verskriklik. En ek hoor hoedat my oom, Jakob of Poisa soos hulle hom noem, se buurvrou Merc angstig gil vir hom om uit die huis uit pad te gee want die vlamme is byna op sy dak. Daai vlamme het so dreigend gelyk op die video, ek wou opspring en sommer soontoe. My lyf is vol adrenalien en ek drentel in die huis rond soos n besetene. My oom! Relax maar, laat weet my niggie later, hy is uit. Hulle het hom uitgehaal en na veiligheid geneem.
Ek wys vir my pa die video en hy betrag die storie in stilte, terwyl ek hom betraand staan en aan kyk.
“Waaroor skrie jy, ” vra hy vererglik. “Dis God se werk, ons kan daar niks aan doen nie. ”
“Ja, ma’ wat gaan ok nou met die Here aan, ” vra ekke kwaad , ” mens kry kan klaar nie lekker asem kry onder die maskers nie en nou stuur Hy dié wind en vuur en rook ok nog virie mense en ek praat nie eers van die binnekant se verstikkings nie – wil Hy dan nou mens binne en buitekant gelyk stukkend maak, dis mossie reg nie” ek kry so vuil kyk terug laat ek maar defeated retreat kamer toe, terselfdertyd nou nog banger oor ek my aangekap het vir, volgens Derrie, die Great One se handewerk en ook my magteloosheid en vrees dat my oom dalk in die vuur kon omkom. Ek meen man, dis dan ou Poisa. Een van my heel favourite mense in die crazy wêreld waarin ons leef. Dis dan hy wat, as hy my sien vir my met sy dralende bry aksent sê, “djy moet R10 gie, djy, ek wil vir my ‘n pakkie twak koop.”
Dis dan ou Poisa wat sê my suster moet warm beesmis aan haar verstuite enkel smeer om die swelsel te laat sak.
“Djou pa weet dié goed, vig wat sê hy nie vi’ djulle nie?”
En dan die vererglike response wat my my maag laat vashou van die lag wanneer Derrie hom altyd aanspreek oor die kondisie van die bouvallige huis waarin hy wat Poisa is, woon.
“Djy wil djou te vigbeél, djy”, sê hy altyd vies vir Derrie en sleep dan hande agter die rug terug na sy kaia toe, waar hy sy lockdown spandeer.
My niggie laat weet my heelwat later dat die vuur onder beheer gebring is.
Ek wonder later of my reaksie op die voorval, nie net ‘n side effect is van waar en hoe ons onsself bevind in die tyd waarin ons leef nie. Ek meen, maskers en geweld en moord op vroue en kinders en riots. Ewige vrees. Jy sit heeldag in palpetic adrenalic afwagting dat (nog) iets slegter op pad is. Jy is gebonde, mentally en physically.
“Dissie mee lekker om te lewe nie, ” het ek nou al twee keer gehoor my pa sê, veral wanneer hy sy masker moet opsit vir n trip dokter toe en ek het by die tweede keer byna hardop gesê, “I feel ya’, Derrie.”
Ek meen, kyk nou net. Die virus maak halfpad loonies van ‘n mens. Jy kan nie meer vryelik rond beweeg nie. Met oop gesig die vars lug en sonskyn geniet wanneer jy vir ‘n walk gaan nie. Jy’s permanent agterdogtig en vra “wat kyk jy” vir ‘n ou vriend as hy jou te lank aan staar van agter sy masker want jy’s nie seker wie dit is nie. Ouma Mary sê sy’s hartseer oor ons nou so moet loop nou die dag toe ek en Penny die doughnuts wat sy verkoop by die Munisipaliteit gaan deliver en ons ouma Mary daar raakloop en ek word toe ook verval met hartseer toe Penny my net betyds keer: ” Audrey! Jy kan nie vir aunty Mary n drukkie gee nie.” Jirre tog, ek is dan lief vir ouma Mary en ek kan haar nie eers ‘n drukkie gee nie! Woede vul my en verslae defeat.
“Vee af die goed met ‘n nat lap wat julle by die winkel gaan koop, ander mense vat daar aan en die virus sit dalk daaraan”, maan ek eindeloos die kinders en my ouers in die huis.
Die paranoia is psychotic. En dan die oor en oor vir Derrie verduidelik hoekom hy nie sy ander kleinkind nou kan sien nie, daai is ‘n ander saak.
Die captivity is ondraaglik. Ek mis my familie en vriende. Ek wil vir hulle gaan kuier en dominoes kap en sit en goeters praat met yskas terte en Jive koeldrank of Castle lite by die braai. Ek wil sit en ancient love songs luister saam met Cathy en face to face maskerloos vir haar vra sy moet vir my stukke vertel van Heidelberg se mense. Ek wil vir my ytvat in my beste en mooiste klere en vir Marsha Armada Ross my make – up en naels laat doen beter as die beste artiste, sodat ek dan lyk soos daai mense oppie tv en dan gaan ons twee people watch by die Kaapse Waterfront en agterna uit die maag lag vir ons altwee se flirtasies met killer smile waiters en ons geskinder van mense wat ons nie eers ken nie.
Ek wil gaan park run. Ek wil ‘n rugby game van Swellies gaan kyk of ‘n netball game waar Gerald sy vernuf as skeidsregter vertoon wanneer hy soos n ballet dancer op en af spring om foute uit te wys en punte toe te staan, sy kuif wapperend in die wind. Jirre, wanneer gaan ek ooit weer dié goed kan doen? Meer belangrik nog, gaan ek dit ooit weer inderdaad kan doen soos voorheen?
Laatmiddag vandag ry ek en Derrie saam met ‘n vriend na Suurbraak om te gaan kyk of Poisa oraait is en oppad soontoe vergaap ek my aan die ongerepte natuur en landskap en besef ek ten spyte van al die gloom omni – present en die feit dat ons dalk nooit weer dinge sal kan doen soos wat ons altyd arrogantly aanvaar het is ons as mens se free prerogative nie, is daar nog veel om te sien en ervaar, so duplicatory as wat dit mag wees. Elke keer empower mens se inner soul, die groot Power wat jou menswees dryf, om elke ondervinding gloriously te relive – van nuuts af en natuurlik afhangend met watter oë jy kyk. En hoop en geloof, al hang dit soms aan ‘n threadbare flentertjie. Maar daarsonder, is ek sekerlik ‘n tandeknersende, bol van leè niksheid.
Geloof is vir my die palet van kleur waarmee die naartjies en lemoene aan die bome kompeteer en byna vir jou dare om te vra wie is die helderste. Dit is die geel van Canola blomme wat jou instinktief daarna wil laat uitreik om te voel of dit real is. Dit is die kleur van die berge waarvoor dit onmoontlik is om name te gee, want die refleksie is anders wanneer spierwit reënwolkies dit in so ‘n spookasemrige omhelsing toevou as toe die laatmiddag sonnetjie met ons terugwaarts huistoe, deurbreek en dit vir ‘n paar minute lank in die blouste shade van blou herskep.
Geloof is vir my die tydlose gemak en grasie waarmee beeste van die melkstal af drentel, oblivious van ons met al ons issues.
Geloof is vir my die peperboom in my oom se yard wat middeldeur geknak is deur die wind, maar binnekort sal herrys in ander vorm, skeef en krom albeit, maar regop sal hy weer kom, al neem dit nog 20 jaar, want sy wortel lê diep geplant.
Geloof is die spierwit water strome wat tydloos en onverstoor teen die beeldskone berge in !Xairu afloop en paadjies uitkerwe oor eeue heen.
Hoop is die angsvolle roep van Merc na Poisa om hom sy veiligheid te verseker teen dreigende vuur gevaar, te midde van sekerlik haar eie angs en vrees.
Hoop is die lig van die hand in ‘n vriendelike groet, al ken ons nie mekaar nie.
Hoop is Layla, my 13 jarige susterskind wat vir my sê-vra hoekom waai die voëls op die dak dan nie ook weg nie? En ek met verslae verwondering besef dit is waar wat die kind praat.
Hoop is die katjiepiering boom in ons buurman se yard, wat haar man defiantly staan teen die kaalstropende stormwind en met leedvermaak haar groen blaartjies wys wat bly klou het in die aftermath van die wind se vicous onslaught.
Hoop is Monwabisi, ons blinde aspirant Mount Everest klimmer wat vanmiddag vir my sê: “Onthou, ek as lief va djou, né. ”
Hoop is ‘n vriend se ma en ek wat vir mekaar gemasker aanstaar in Checkers totdat recognition deurbreek en sy vir my vingerkie swaai in acknowledgement en ons met die oë vir mekaar glimlag en ‘n drukkie gee.
Ek besef om aan sceptism te succumb is futiel. Ek klou dan eerder vas aan dit wat ek verseker weet. En dit is dat niks, maar niks everlasting is. Nie die virus nie, nie vure nie, nie vloede nie, nie wind nie. Net die amper blye kennis dat ek eintlik ook maar niks weet nie, en dat ek net met relieved verwagting die Force agter die stuur van hierdie lewe moet volg, want om alles wat in die lewe gebeur te bevraagteken is net vir my eie detriment.
Intussen is die lewe daar. Gebonde ja. Gemasker ja. Maar ek het nog oë, my ore en yes, my stem. Totdat dit alles weg is, kan ek lééf. En soos ou Poisa sê vamiddag: ” djy moet net opkyk waantoe spring die vieg.”
Peace unto you all.
Copyright.